SINOPSIS
Jasper wil nie alleen wees nie, hy wil sy lewe deel. Fransie is onafhanklik en verkies dit so, na te veel verkeerde besluite verdien sy beter.
Wanneer Jasper en Fransie saam intrek is dit ‘n nuwe begin, maar hulle arriveer met meer bagasie as wat hulle gedink het. As onverwagse beurtkrag die eerste aand tref moet hulle die beste van die donker situasie maak.
Hulle dans. Hulle raak dronk op die idee van liefde. Hulle onthou … maar saam met die onthou word die verkeerde boks oopgemaak en ontaard dit in 'n aand waarin hulle verhouding se rou bagasie oopgekrap en uitgepak word en word hulle geforseer om na die donkerste plek van hulle verlede te gaan.
Wat gebeur wanneer die deur na die buitewereld toegemaak word? Wie het om die beurt die meeste mag? Kan jy vergewe en as jy kan - kan jy vergeet?
BEURTKRAG is ’n verhoudingsdrama wat fokus op die kwesbaarheid van verhoudings en al die brose ‘bagasie’ blootlê.



SYNOPSIS
Jasper does not want to be alone, he wants to share his life. Fransie is independent and prefers it that way, after too many wrong decisions she deserves better.
When Jasper and Fransie move in together, it's a new beginning, but they arrive with more ‘baggage’ than they thought. Unexpected load shedding hits the first night and they have to make the best of the dark situation.
They dance.
They get drunk on the idea of love.
They remember…but along with the remembering, the wrong box is opened and it turns into an evening in which their relationship's raw ‘baggage’ is exposed and unpacked, and they are forced to go back to the darkest part of their past. What happens when the door to the outside world is shut? Who in turn has the most power?
Can you forgive and if you can - can you forget?
BEURTKRAG is a relationship drama that focuses on the vulnerability of relationships.


